Friday, 22 February 2019 12:35

TERUGVOER EN SKRYWE aan: Overstrand Munisipaliteit - Infrastruktuur en Dorpsbeplanning.

Written by
Rate this item
(0 votes)

22 Februarie 2019 - per epos

Insake: Vergadering 21 Feb 2019 – m.b.t  Hermanus CBD – pyplyn en water-afvoer opgraderings 2019

Baie dankie vir u tyd en deeglike verduideliking, waarmee u die vergadering ingelig het wat die beplanning en toekomstige werke en moontlikhede behels.
Ook die geduld en gewilligheid om ons vrae en insette te hanteer.
Die werk wat u reeds gedoen het in hierdie beplanning dui op u toewyding. Dit word waardeer.

 

U het aangedui dat u aan ons ‘n kort opsommende uitleg van die beplanning en verskillende fases, en geaffekteerde areas sal voorsien, waarop ons dit graag met ons breër publiek en veral die geaffekteerde CBD lede wil deel.

Wat ons wel reeds kon sien is:

  1. Dat die publieke deelname swak was en geaffekteerdes nie deeglik ingelig is nie, wat lei tot allerlei afleidings, wat vrees en spanning veroorsaak.
  2. Daar was wel inligting en deelname sessies gehou oor ‘n geruime tyd.
  3. Die kommunikasie kanale en verteenwoordigers wat verantwoordelik was by bogemelde, om die publiek en geaffekteerdes in te lig, of terugvoere te gee, nie funksioneel effektief is nie.
  4. Dat ons wel nou al kan meld dat u ons kon gerus stel, dat daar geen sprake daarvan is dat die die CBD “GESLUIT” sal word ter enige tyd nie, en dat die geaffekteerde seksies, steeds volle voetganger beweging sal toelaat, met slegs beperkte verkeer beheer.
  5. Dat u ook steeds publieke insette en deelname verwelkom, soos onder andere Mnr Johan Pretorius se inset om afvoer van stormwater deur sy perseel te kanaliseer, eerder as deur die hele Hoofweg.

Vanaf WCBCF sien ons uit na verdere gesprekvoering en sal poog om publieke- en besigheidsbewustheid en deelname beter te bevorder.

Kind Regards

Forum Exco
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Read 891 times Last modified on Sunday, 24 March 2019 08:38

Latest Forum News

donate Today 1920 650 px

Subscribe to the WCBCF Newsletter

newsletter subscription